Lewendehawe
 
     
 
 
     
  Lewendehawe bemarking deur KLK dek die totale bemarkingsaksie van lewendehawe.

Veilings
Kommersiële veilings van kleinvee en grootvee, stoetveilings, losgoed en totale uitverkopings word deurlopend deur die jaar gehou. Gereelde kalenderveilings word gehou te Upington, Olifantshoek, Kuruman, Postmasburg, Vanzylsrus, Loubos, Askham, Griekwastad & Winton. Vir 'n skedule van die veilings, kliek op ons Veilings skakel.

Beskikbare Dienste
Skakeldienste van aanteel- en slagvee sowel as klassering van diere word deur ‘n goed opgeleide span bemarkings beamptes hanteer. KLK beskik oor ‘n sonar-masjien om kliënte te help om die dragtigheid by diere te bepaal. Klassering van ooie en hulp met die aankoop van ramme kan met die onderskeie beampte gereël word.

Abattoir's
KLK beskik oor abattoir’s te Upington, Calvina & Carnarvon waar kleinvee en grootvee (Upington) geslag kan word. ’n Premie word betaal aan karkasse wat voldoen aan die vereistes van ‘n Nismark lam.

Voerkrale
‘n Goed toegeruste voerkraal met ‘n staan kapasiteit van 8000 kleinvee is tot die produsent se beskikking om hul diere af te rond gedurende droogte tye. Baie goeie resultate word behaal deur doeltreffende bestuur by die voerkrale.

Karakoelpelse
KLK is die enigste organisasie wat Karakoelpelse in die RSA hanteer. Twee pelsveilings word per jaar te Kopenhagen, Denemarke gehou. Pelse word te Upington versamel en na die Pelssentrum te Windhoek gestuur waar dit sorteer en na Denemarke uitgevoer word.
 
     

Skakels
Voerkrale
Pelse
Vee te koop / Gesoek
Boerbokke
Karakoele
Dorpers
Klipkoppies Boerdery Dorper Stoet
 


.