MGB Mediese Skema
 
     
 
 
     
 

POSBUS 4300
Tygervalley
7536

Tel no 021-943 5302
Faks no 021-917 4118
 
     
 
GESONDHEIDSVOORDELE IN SA

Die gesondheidsvoordele Industrie is kompleks en dinamies, in ‘n baie interessante mark, wat diverse produkte & dienste aan lede bied. Met die hedendaagse Wetgewing en voortuitsigte van verandering, raak die keuse van ‘n Mediese Skema baie kompleks. Tydens die evaluering van ‘n geskikte Mediese Skema kan lede die volgende riglyne gebruik ten einde van hulp te wees :

HOSPITAAL DEKKING

Tydens hospitalisasie, is die lid blootgestel aan Saal & Teaterfooie, wat jaarliks bepaal word deur die NHRPL en onderskeie Mediese Skemas. Indien ‘n lid opgeneem word in enige Privaat Hospitaal, onderneem die Hospitaal Groepe om slegs die ooreengekome tarief te hef vir die onderskeie saal & teater fooie. Spesialiste en Narkotiseurs se tariewe is normaalweg hoër as die NHRPL en lede mag ‘n tekort ervaar. Skemas bied planne waar die dekking vir Diensverskaffers binne hospitaal varieer vanaf 100% NHRPL tot 300% NHRPL.

CHRONIESE MEDISYNE DEKKING

Wetgewing bepaal dat alle Mediese Skemas die 26 Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV) moet dek. Hierdie toestande word jaarliks aangepas en sluit in dekking vir Diabetes, Epilepsie, Asma, Bloeddruk ens. Die onderskeie Skemas se dekking sluit hoofsaaklik slegs generiese medisyne in gebaseer op n medisyne formulier. Indien ‘n lid nie binne die lys van VMV’s is nie, bied die Skemas in meeste gevalle planne met alternatiewe dekking teen n hoër maandelikse koste.

ONKOLOGIE PROGRAMME

Soos met Chroniese Medisyne, bied Skemas dekking vir Kanker en verwante voordele, met beperkings per Plan. Die meeste Skemas bied ook aan lede ‘n Onkologie Program waar die lid ekstra voordele ontvang sou hy registreer vir voordele.

GEVORDERDE RADIOLOGIE

Gevorderde Radiologie (MRI/CT skandeerings) kan ‘n groot uitgawe wees indien die Skemas die koste as deel van die lid se Mediese Spaarrekening hef of ‘n beperking geplaas word op die maksimum beskikbaar vir die lid per jaar. Skemas vereis in die meeste gevalle dat lede die gebruik van die dienste moet motiveer en voorafgoedkeuring is noodsaaklik.

BUITE HOSPITAAL DEKKING

Buite hospital dekking word gefinansier deur ‘n lid se Mediese Spaarrekening (MSR). Die maksimum bydrae tot die MSR word beperk to 25% van die lid se totale maandelikse bydrae. Sekere Skemas egter, het die MSR bydrae verminder en varieer tussen 0% en 25 %. Die fondse in die MSR bly te alle tye die lid se eiendom en surplus fondse word oorgeplaas van jaar tot jaar. KLK bied aan sy lede nie net die dienste van Gesondheidsvoordele Konsultante naamlik Verso Health (Pty) Ltd nie, maar is daar ook 2 dames by Upington en Calvinia onderskeidelik waar lede daagliks hul mediese Skema navrae kan oplos. Die onderskeie persone is:

Verso Health – Charl Holwill – Tel: 021 – 943 5402

KLK Upington – Mari le Roux – Tel: 054 – 337 6236

KLK Calvinia – Lizette Lambrecht – Tel: 027 – 341 8200
 

 
 


Skakels
Wat om te doen as jy in 'n ongeluk is
Produksieversekering
Maatskappy Kennisgewing
Polispenaries