KLK Versekering
 
     
 
 
     
     
 

WAT OM TE DOEN AS JY IN ‘ N ONGELUK IS:

 
     
 

Hou onmiddellik stil. As iemand dood of beseer is, moet jy nie die voertuig verskuif nie.

Moenie met die voertuig ry indien meganiese skade kon plaasvind nie.

Kry die ander bestuurder se besonderhede – naam, adres, telefoonnommer, fabrikaat, model en registrasienommer van sy/haar voertuig, die naam van sy/haar versekeraar en, indien die voertuig aan iemand anders behoort, die eienaar se naam, adres en telefoonnommer.

Verstrek jou naam en ander besonderhede aan wie ook al rede het om dit aan te vra.
Die heel belangrikste is – moet NOOIT erken dat jy die ongeluk kon veroorsaak het nie.

Probeer getuies in die hande kry. Skryf hul name, adresse, telefoonnommers en, waar moontlik, hul indrukke van die ongeluk neer. Maak ‘n aantekening van die polisie- of verkeersbeampte se nommer en werkstasie.

Maak ‘n aantekening van waar die ongeluk plaasgevind het – naam van die pad en omgewing, of besonderhede van die snelweggedeelte (bv. Tussen watter afritte, afstand van naaste dorp) en die toestande (weer, uitsig, toestand van die pad).

Maak ‘n aantekening van die presiese tyd en datum van die ongeluk

Skets die posisie van die voertuig tydens die ongeluk.

As jou voertuig gesleep moet word, maak seker dat die operateur SATRA geaffilieer is. Maak seker dat jy weet waarheen jou voertuig geneem word, Ja kan die operateur identifiseer aan die kenteken van SATRA.

Rapporteer die ongeluk binne 24 uur aan die SA Polisiediens, selfs al was dit net ‘n klein ongeluk. Toon jou rybewys en verstrek jou volledige besonderhede.

KONTAK JOU MAKELAAR INDIEN JY NIE SEKER IS VAN WAT OM TE DOEN NIE.
(Sien volledige besonderhede by ons algemene inligting)

 
     
   
     
 
 
     
 
 



Skakels
Wat om te doen as jy in 'n ongeluk is
Produksieversekering
Maatskappy Kennisgewing
Polispenaries