Onderstepoort Biologiese Produkte wil na die opgradering van sy fasiliteite ’n wêreldspeler in die entstofmark word.

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), wat gesukkel het met die voorsiening van sy entstowwe, wil ’n wêreldspeler word wanneer die modernisering van sy geboue voltooi is. Dié regeringsentiteit het die afgelope twee jaar veral onder skoot gekom weens entstowwe wat nie geredelik beskikbaar was nie. Volgens sy direksie is sy voorsieningsprobleme nou opgelos en hy het…