Jasper: Die grootste sonplaas in SA
Die grootste sonplaas in die land en een van die grootstes in Afrika, is die Jasper-sonplaas net buite Postmasburg in die Noord-Kaap. Dit is deur SolarReserve, ’n wêreldwye ontwikkelaar van grootskaalse sonenergieprojekte, opgerig.