Peter Montalto, ‘n ekonoom van die Nomura-groep, sê dat die huidige waterkrisis al lank dwing om te gebeur. Dit kom nadat swakhede rakende waterverskaffing deur die El Niño weerpatroon uitgelig is.
Waterbeperkinge is in verskeie gebiede van die land ingestel. Soortgelyk met die Eskom-geval, bestee die land groot bedrae op die opgradering van infrastruktuur. Die probleem is egter dat opgraderings ietwat te laat begin en koste-oorskryding beïnvloed die lewering van dié hulpbron, meen Montalto.
Die Departement van Water en Sanitasie beraam dat die land in die volgende 10 jaar ongeveer 20% meer water sal benodig. Die groter vraag is stemmend van ’n toenemende bevolking en is besig om op te vang met die ontwikkelingsvereistes om kraanwater aan informele nedersettings en landelike gebiede te voorsien.
Sowat R2,7 triljoen word oor 20 jaar benodig om meer water te voorsien, terwyl daar verwag word dat openbare besteding op infrastruktuur rondom R117 miljard oor die mediumtermyn-bestedingsraamwerk (drie jaar) sal wees. Dit beteken dat daar in nominale terme sowat R1,4 triljoen teen 2035 sal wees, wat op ’n tekort van sowat die helfte van die R2,7 triljoen dui.
Lees die Landbou.com artikel hier.