AMOS GF4GF Centre Palms te Groblershoop bied met trots aan: “5 Sleutelvaardighede tot verbeterde produktiwiteit op die plaas…” – moontlik gemaak deur KLK.
Hierdie opleiding vir plaaspersoneel, behels die bemagtiging van bestaande personeel deur vaardigheidsopleiding, wat insluit:
· Verstaan die Besigheid van ‘n Boerdery
· Herwinning van Windpomppype
· Installering van Sonpompe
· Padwaardigheid van Sleepwaens
· Probleemoplossing.
Die eerste opleiding begin reeds op 11 April. Vir meer besonderhede, skakel Ina by 082 560 5871 of e-pos by opleiding@gf4gfcentres.co.za .
Kursus 1: Verstaan die Besigheid van ‘n Boerdery: 11-15 April 2016.
Deur hierdie werkswinkel by te woon, sal die kursusgangers die volgende vaardighede bemeester:
Fundamentele besigheidsbeginsels;
Verband tussen die primêre boerdery-aktiwiteite en ses ondersteuningsfunksies;
Implementering van elke ondersteuningsfunksie se Goue Reël;
Diepgaande bespreking van belangrike onderwerpe (bv. persoonlike begroting en skuld; kontantvloei, produktiwiteit, tydsbestuur, koste van vervoer, beplanning, ens.)
Uitkoms: ’n Meer ingeligte, verantwoordelike en produktiewe personeellid met beter arbeidsverhoudinge.
Klik om die volledige skrywe te besigtig.
Klik om die inskrywingsvorm af te laai.
Klik om die opleidingskursusse te sien.
Klik vir meer inligting oor Palms / Amos