Opportunities International se hoof van landboufinansies, John Magnay, het gevra vir verbeterde beleggings in die landbousektor om armoede te beeindig, wat huisehoudelike besteebare inkomste en meer werke sal skep.
Opportunity International is ‘n nie-regerings organisasie wat werk om wêreldwye armoede te beeindig deur die skepping of handhawing van 20 miljoen werke teen 2020. Volgens Magnay, bly omtrent 65% van Afrika se bevolking op landelike gebiede en landbou verskaf die meerderheid van hul inkomste.
Ons moet boere en boerdery-organisasies identifiseer wat landbou as ‘n besigheid beskou, sê Magnay. Hy meen ook dat die waardeketting binne die landbousektor meer struktuur moet kry om befondsing te vergemaklik.