Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sê in ‘n mediaverklaring dat hulle tans besig is met aksie om verdere bek en klouseer gevalle te voorkom.
Die aksie sluit in kommunikasieveldtogte in plaaslike tale, om die bevolking bewus te maak van die siekte en die belangrikheid daarvna om by die verskerpte beheermaatreëls te hou. Die provinsiale veeartse sal ook met die inentingsveldtog help.
Die Departement sê dat alle beeste in die vyf aangrensende dorpies om Matiani, teen 20 Desember ingeënt sal word. Veertien beeste in totaal het tekens van dié siekte getoon en 1 200 beeste is in gevaar van besmetting, omdat al die beeste van dieselfde dipgeriewe gebruik maak. Inentings het op 14 Desember begin en 3 998 uit ’n totaal van 6 070 beeste is reeds ingeënt.
’n Beheersentrum sal by die Madzivhandila-landboukollege opgestel word, waar ’n werkkomitee van veeartse, op ’n daaglikse basis bymekaar sal kom. ’n Werkkomitee is ook op die been gebring wat onder meer uit veeartse, die plaaslike munisipaliteit, rampbestuurdienste, tradisionele leierskap, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Inspektoraat vir Padverkeer bestaan.
Lees die Landbou.com berig hier.