Tafeldruiwe winsgewend ten spyte van swak oes
Tafeldruiwe was die afgelope seisoen winsgewend te midde van ’n swak oes. Van die 2015/’16 oes is 97.7% uitgevoer, wat gesorg het dat die tafeldruifboere, ongeag die laer oes, steeds ’n toename in plaashek-verdienste kon aanteken.