Indien boere droogte wil probeer vryspring, sal hulle goed moet beplan en deurdinkte planne in plek stel, sê ‘n landbou-ekonoom wat ook self ‘n boer is, maar anoniem wil bly.
Een van die planne wat boere kan implimenteer is om sterker en swakker diere van mekaar te skei, aangesien die sterker vee vir teel-doeleindes gebruik kan word.
Hy stel ook voor dat diere wat swakker raak, so vinnig moontlik verkoop moet word. Die geld wat dan verkry word uit die verkope moet dan in ‘n afsonderlike rekening gehou word. Dit kan dan weer gebruik word om sterker diere aan te koop, of selfs vir voer.
Maak deeglike somme en ingeligte finansiële besluite om te bepaal of daar genoeg fondse sal wees om jou huidige vee deur te dra tot die volgende reën-seisoen. Neem soveel moontlike bedreigings in ag, en wees sodoende voorbereid vir enige onverwagte uitgawes/ tekorte.
Ou hamels en ooie moet volgende op die verkoopslysie wees. Weens hulle ouderdom, hoort hulle in die nabye toekoms te verswak en/of te vrek. Verkoop hulle terwyl jy nog geld vir hulle kan kry.
Lees meer hier.