In die laaste week van Augustus 2019 het boere in die distrik Williston skenkings van 300 sakke mielies, 2 100 sakke voerpille en kontantskenkings ontvang. Gedurende die voorafgaande weke was 150 bale mieliereste, hooibale, vragte hawerpitte, hawerpitbale en hawerkafbale ook geskenk.
Mnr. Wilhelm Steenkamp, lid van die Williston-boereunie, sê dat hulle probeer om sover moontlik die distrik se sowat 190 boere by te staan tydens die rampspoedige droogte.