Boere gaan hul houdings teenoor hul eie rol in die landbouketting moet verander in die toekoms en nuwe finansieringsopsies ondersoek, sê Dr. Cobus Oberholster, bestuurder van BKB Agrifin.
Oberholster het onlangs op Landbouweekblad se konferensie sy mening gedeel dat dit moontlik is om die volle landbouketting binne twee tot drie jaar te finansier. “Dis die beste model om die produktiewe vermoë van die landbou te vergroot,” sê Oberholster.
Nico Groenewald, Standard Bank se hoof van landbousake, vertel hoe landbou-ondernemings, regerings en finansiële instellings wêreldwyd besef dat die totale landbousektor se waarde as hefboom gebruik moet word om ontwikkeling binne landbou te versterk. “Die wyse waarop mense en organisasies met die kosketting skakel, ondergaan ’n grondige verandering en dis noodsaaklik dat boere verstaan dat hulle ’n skakel in ’n groter reeks aktiwiteite anderkant die plaashek is,” sê Groenewald.
.