trade surplus

Suid-Afrika se sitrusbedryf kry ‘n kans om te skyn

Suid-Afrika en Spanje het onlangs hande gevat om die sitrusbedryf te verbeter. Die twee lande het die Wêreld-sitrusorganisasie(WSO) gestig om ‘n platform te skep waar belangrike gesprekke kan plaasvind, vrae beantwoord kan word, innovering te bevorder en die sitrusgebruik wêreldwyd te verhoog. Die doelwit van die organisasie is om vir plaaslike boere die geleentheid te gee om in te breek in die internasionale bedryf.