Rosyntekorte maak rolspelers bekommerd

Tydens die Internasionale Konferensie van Pitlose Droogdruif Produserende Lande in Hamburg, het verteenwoordigers waardevolle inligting oor die wêreldproduksie en bemarking van rosyne uitgeruil. Argentinië, Australië, Chile, Indië, Iran, Suid-Afrika en die VSA het die konferensie bygewoon en weersomstandighede, verbruikervoorkeure, produksieskattings en internasionale tendense bespreek.