Al KLK se besigheidsentiteite nl. handelstakke, brandstof (rybane en groothandel), abattoirs (Upington, Rampskop, Carnarvon), lewendehawe veilings, voerkrale, Build It, administrasie, finansies, versekering en Motors ( Nissan, Isuzu, Renault en KLK Auto) is weer tydens normale besigheidsure (08:00 – 17:00) beskikbaar.
Om u eie veiligheid en die van ons personeel te verseker, moet u asb by die volgende maatreëls hou tydens u besoek:
– Handreiniging by die ingang.
– Verpligte registerkontrole.
– Verpligte tempratuurkontrole
– Dra van ‘n gesigsmasker.
– Hou u afstand van minstens 2m.
Kontak ons gerus indien daar enige navrae is.