Dr. Flippie Cloete, navorser verbonde aan die Universiteit van Noordwes het gesê dat Suid-Afrika tans oor ’n wildbevolking van sowat 18,6 miljoen beskik. Hy het verder ook bygevoeg dat om-en-by twee miljoen diere per jaar geoes word in die land.
“Twee miljoen diere per jaar word deur die sogenaamde biltongjagters gejag, 45 000 diere word as trofeë gejag, en ’n verdere sowat 60 000 diere word vir die grootmaatmark geskiet. Dit laat oorgenoeg wild oor wat vir uitvoermarkte bestem kan word.”
Cloete voorspel ook verder dat wildgetalle met sowat 700 000 sal toeneem in die volgende twee jaar.
Dit beteken dat daar genoeg wildsvleis in die land is om te verseker dat die vrag na vleis altyd nagekom kan word.
Cloete las ook by dat lande in Afrika en veral ontwikkelende lande geteiken moet word as uitvoervennote, omdat ontwikkelde lande reeds verskaffers van wildsvleis het.