Die droogte kan die tuberkulose-krisis in Suid-Afrika vererger, aangesien kleiner oeste ‘n styging in wanvoeding tot gevolg kan hê.
Meneer Heinrich Volmink, ‘n adjunk-skaduminister van gesondheid, het tydens die tweede wêreldwye koukus van parlementariërs in Kaapstad gesê dat die land reeds met wanvoeding sukkel. Hy het ook na die mees onlangse jaarverslag van die Departement van Gesondheid verwys, wat toon dat uit die sterftesyfer vir kinders onder vyf jaar, weens wanvoeding, 11,6% in die 2014/’15-boekjaar was.
Hy het ook genoem dat daar ‘n tekort aan hulpbronne in landelike gebiede is wat mense na die groot stede laat trek. “Vinnige verstedeliking verhoog bevolkingsdigtheid wat die risiko vir tuberkulose verhoog.”
Me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsake, het ook by COP21 genoem dat die droogte ‘n impak op mense se gesondheid sal hê.
Lees die Landbou.com artikel hier.