Die plaaslike taakspan wat verantwoordelik is om die huidige droogte te monitor, vertel dat hulle sperdatum vir opnames oor die droogte ramp, 18 Janarie is, en dat hulle graag teen die einde van dieselfde maand nog ‘n verslag kan lewer.
Agri SA se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, sê dat hul spertyd vir die insameling van opnames, 18 Januarie is. Daarna sal hulle teen die einde van die maand ‘n verslag lewer oor die omvang van ramphulp wat benodig gaan word. Die verslag sal ook inligting insluit soos waarvoor hulp aangewend kan word, asook sommige van die oplossings in die landbousektor.
“Ons kyk ook na die omvang van die droogte in buurlande en die res van Suider-Afrika. Mens moet besef as ons in Suid-Afrika swaar gaan kry, gaan ons buurlande dubbel so erg ly omdat baie van hulle van ons afhanklik is vir ’n groot deel van hulle kos.”
Van Zyl spekuleer dat daar moontlik na internasionale ramphulp gekyk sal moet word. “Ons berei ons voor daarop, want hierdie is nie net ’n plaaslike probleem nie. Dit raak die hele streek en die res van die wêreld.”
Lees die Landbou.com artikel hier.