Die nasionale taakspan wat aangestel is om die droogte te monitor sal binne twee weke met hul werk begin.
DIe taakspan sal die droogte monitor en hoop om oor twee weke met hul werk te begin. As deel van hulle taak, sal die span bepaal watter hulp benodig sal word.
Aangewese uitvoerende direkteur van Agri SA, meneer Omri van Zyl, het na ‘n vergadering gesê dat daar dringend ‘n nasionale prentjie van die droogte se omvang verkry moet word. “Ons kan nie nou die voet van die petrol afhaal net omdat dit op ʼn paar plekke gereën het nie.”
Deelnemers aan die taakspan sluit onder meer in Agri SA, die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, die Land Bank, die Meulenaarskamer en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie.
Lees die Landbou.com artikel hier.