‘n Taakspan word tans gestig om die droogte wat tans landwyd ervaar word, fyn te bestudeer en hulp aan boere te bied.
Mnr. Omri van Zyl, van Agri SA, het aangekondig dat dit die taakspan se doel sal wees om inligting te versamel en te verwerk en sodoende hulp aan boere te bied.
“Ons wil nie paniek saai nie, maar wil vir die ergste beplan en vir die beste bid,” het van Zyl verduidelik toe hy op Stellenbosch met landbou-belanghebbendes vergader het.
Weervoorspellers en wetenskaplikes beraam dat die huidige droogte kan vererger en tot voedsel tekorte kan lei. Een van dié voedsel tekorte sluit mieliemeel in. Mieliemeel is ‘n primêre stapelvoedsel vir ‘n groot persentasie van die land.
Lees die volle artikel hier.