Vrystaat Landbou waarsku dat die droogte moontlik tot openbare onrus, bankrotskappe, honger boere en plaaswerkers en ‘n moontlike nasionale resessie kan lei.
Meneer Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, meen dat terwyl die droogte besig is om te ontvou, baie mense die droogte onderskat.
‘n Boer wat onlangs die landbou sektor betree het, sê dat dit moeilik vir die nuwelingboer-sektor is.
Professor Andries Jordaan van die Vrystaatse Universiteit, voorspel dat voedselpryse met 30% tot 40% kan styg. Hy verduidelik ook dat die bevolking wat onder die broodlyn leef, swaar sal kry in die komende jaar as gevolg van die droogte, dus kan dit leiding tot openbare onrus gee.
Jordaan vergelyk die droogte aan dié van 1922, 1933 en 1991, terwyl die Suid-Kaap en sentrale en oostelike dele van die Oos-Kaap nog nie deur die droogte lam gelê is nie.
“Ons het in die verlede droogtes in sekere provinsies gehad, maar dan kon ander provinsies daardie boere steun. Maar hierdie droogte is bykans landwyd. Daar is geen manier waarop hulp hierdie keer ’n wesenlike verskil gaan maak nie. Party boere sal nie gered kan word nie,” sê Jordaan.
Lees die Landbou.com artikel hier.