Die VKB-groep het hul ondersteuning vir Agri SA se droogtehulpfonds duidelik gemaak, nadat hulle R1 miljoen aan die fonds geskenk het.
“Die krisis in ons bedieningsgebied is nie naastenby so groot soos in ander dele van die land nie. Dit is waarom ons besluit het om boere elders in die land wat ’n totale krisis beleef, te ondersteun,” sê mnr. Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur van die groep.
Janse van Rensburg sê dat die VKB-groep nie sy verantwoordelikheid teenoor hul eie boere vergeet nie en dat die groep hulle sal bystaan en help waar hulle kan.
Daar is tans ’n projek wat mik om opkomende boere te ondersteun, wat deur die VKB-groep behartig word.
Lees meer deur hier te druk.