Suid-Afrikaanse produsente wat kan uitbrei is dié wat die huidige ekonomiese toestande sal kan oorleef.
Volgens verslae, het die ekonomie in die derde kwartaal van 2015 met slegs 0,7% gegroei, in vergelyking met 1,5% in 2014. Dinge lyk ook nie beter vir die komende jaar nie. Die huideige lae ekonomiese groei beteken dat minder werk geskep kan word, wat tot minder besteebare inkomste en ‘n laer vraag na voedselsoorte soos vleis, lei.
Die rand het ook al teen R16 teenoor die Amerikaanse dollar gaan draai, wat gunstug vir boere is wie hul produkte uitvoer. Indien die rand verder verswak, kan produsente hoër pryse verwag. Produsente sal egter die knyp voel wanneer hulle produkte soos kunsmis, chemiese middels en toerusting moet aankoop. Ekonome waarsku dus dat produsente die verkoop van insette en die verkoop van kommoditeite goed sal moet bestuur.
Daar word verwag dat voedselinflasie in 2016 skerp sal styg, as gevolg van die droogte en die witmielie- en koringpryse wat rekordvlakke gehaal het. Rentekoersverhogings is ook op die lappe en het ‘n invloed op grondpryse, aangesien banke strenger kredietregulering implementeer.
Die bogenoemde speel alles ‘n rol in die winsgewendheid van boere, wat weer ‘n direkte invloed op die terugbetaalvermoë van ʼn plaas het.
Lees die Landbou.com berig hier.