Die Wêreld-Meteorologiese Organisasie (WMO) se mees onlangse statistieke toon ’n duidelike styging in die El Niño-weerverskynsel.
Hierdie bevindinge, tesame met die stygende klimaatsverandering, het ‘n groot invloed op Afrika se weerspatrone en kenners meen dit is die hoogste meetings van die 20ste eeu berig Netwerk24.
Hoewel dit nie noodwendig met droogte gepaard gaan nie, bestaan ’n goeie kans dat dit in Suid-Afrika wel droër en warmer sal wees en daarom moet veral boere verantwoordelik wees en hulle op ’n droogte voorberei. Statistiek toon ook ‘n sterk styging in die temperatuur van die tropiese Stille Oseaan, waar die sterkte van die El Niño ook gemeet word.
“Dit is ’n nuwe planeet,” meen David Carlson, die direkteur van die Wêreld-klimaatnavorsingsprogram, “Gaan dié twee verskynsels mekaar aanvul of uitskakel? Ons het massiewe gedeeltes sneeubedekking in die Noordelike Halfrond verloor; waarskynlik meer as 1 miljoen vierkante kilometer in die afgelope 15 jaar.”
Lees die volledige artikel op Netwerk24