Volgens dr. Daan Louw, besturende direkteur van Optimal Agricultural Business Systems (OABS), kan die EU se migrante-krisis kosvoorkeure in tradisionele SA markte verander.
Omtrent ‘n miljoen migrante en vlugtelinge het die afgelope jaar na Europa gestroom van lande soos Sirië, Irak, en Afganistan, het Louw tydens die Inmaakvrugte-produsentevereniging se inligtingsdag gesê. “Die vraag na sekere produkte gaan verander. Veral in lande soos Duitsland gaan verbruikers se voorkeure anders lyk en net tyd sal leer of dit tot ons voor- of nadeel is,” sê Louw.
In 2013, was Duitsland Suid-Afrika se grootste handelsvennoot naas China en goedere van €4,7 miljard is daarheen uitgevoer. “Ons weet nog nie wat gaan gebeur en hoe dit Europa gaan beïnvloed nie,” meen Louw.