Finansiële Resultate

Die verdienste van R46.3 miljoen verteenwoordig ʼn 7.6%-daling vergeleke met die vorige jaar. Die wesensverdienste per aandeel het vanaf 290 sent per aandeel tot 268 sent per aandeel verminder.

Die bevredigende resultate, alhoewel laer as die vorige jaar, word hoofsaaklik toegeskryf aan die styging in winsbydraes van die Brandstofafdeling, Abattoirs en Motorafdeling, terwyl die Handelsafdeling en SA Dorper dieselfde presteer het as die vorige jaar.

Aandeleverhandeling

Die verhandeling van KLK aandele vind plaas by wyse van tweeparty onderhandeling tussen ‘n potensiële koper en verkoper. Die potensiële koper en verkoper dien ‘n tender in vir die koop en verkoop van aandele. Die beskikbare aandele en prys per aandeel word op KLK webtuiste geplaas en word versprei na aandeelhouers dmv elektroniese kommunikasie. ‘n Transaksievorm word voltooi indien die koper en verkoper ‘n transaksie ooreenkom.

KLK verskaf nie beleggings, finansiële of regsadvies oor jou aandele nie, kontak asb. jou regsadviseur of makelaar wat die dienste aanbied.

Kennisgewings

Aandeleverhandeling

Aandele te koop

  • 118185 aandele @ R20.50 per aandeel

Aandele te koop gevra

  • 2000 aandele @ R15.20 per aandeel
  • 10000 aandele @ R15.60 per aandeel
  • 6271 aandele @ R15.40 per aandeel

Kontakbesonderhede

Aandele administrasie:
Anke Nagel by +27 54 337 6207 of aandele@klk.co.za

Maatskappysekretaris:
Grandville Marquard by +27 54 337 6212 of grandville@klk.co.za

AANTAL AANDELE UITGEREIK 17181391
Aantal aandele verhandel: 1 Maart 2018 – 31 Oktober 2018 350 972
Oktober 2018
Aantal kopers 6
Aantal verkopers 5
Aantal aandele te koop aangebied 15 438
Aantal aandele te koop gevra 34 654
Aantal aandele verhandel 14 090
Verhandelingsprys (sent)
Oktober 2018 1595 – 1550
September 2018 1560 – 1540
Augustus 2018 1600 – 1500
Julie 2018 1575 – 1540
Junie 2018 1654 – 1540
Mei 2018 1550 – 1500
April 2018  1550 – 1500
Maart 2018  1580 – 1500
Februarie 2018  1600 – 1500
Januarie 2018  1530 – 1500
Desember 2017 1500
November 2017 1500 – 1350
Oktober 2017 1500 – 1400
September 2017 1400 – 1375
Augustus 2017 1400 – 1300
Julie 2017 1350
Junie 2017 1350 – 1300
Mei 2017 1310 – 1225
Netto batewaarde per aandeel tot 30 Augustus 2018 2034 sent per aandeel

Kliek op die onderstaande PDF dokumente om die volgende vorms in PDF formaat te sien:  Kooptender, Verkooptender, Transaksievorm en Aandele Oordragvorm.

KooptenderVerkooptenderTransaksievormAandele TerugkoopvormAandeel Oordragvorm

05 Augustus 2016

8 November 2018