Dit is weer tyd vir die Hantam Vleisfees!
KLK is trots om betrokke te wees by hierdie opwindende fees met wonderlike mense!
Sowat 300 kilometer soos die kraai vlieg, oftewel omtrent 450km vanaf Kaapstad (en amper net so ver van Upington) in die noordweste van ons land lê Calvinia.
Hierdie is skaapwêreld en die laaste naweek in Augustus is almal en alles in en om die dorp in rep en roer wanneer die jaarlikse Vleisfees plaasvind.
Vanjaar gaan dit reeds die 25 ste fees wees en die hoofdoel daarvan is steeds, soos in 1990 toe alles begin is, om die heerlike, geurige skaapvleis van die streek te bevorder. Destyds is besluit dat die verskillende snitte van die skaapkarkas in proe-porsies te koop aangebied sou word deur die onderskeie boereverenigings van die distrik met die Calvinia Landbou-Unie as beskermliggaam.
Daar word by die vleiskos ook musiek en arena-vermaak bygewerk. En siedaar, vanjaar se wenresep lyk nog nes daardie destydse een!
Lees meer en verkry alle nuttige inligting deur om na hul webtuiste te gaan ( http://www.hantamvleisfees.co.za/ )