Vickie Bruwer van die Genade-boerdery naby Douglas is as die Agri Noord-Kaapse Jongboer 2016 gekroon. Bruwer, wat in die buiteland is, se broer, Gerhard, het die oorkonde namens hom ontvang. Henning Myburgh, hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap en een van die beoordelaars, sê Bruwer se wetenskaplike benadering tot boerdery het die deurslag gegee.
“Hy benut sy grond optimaal deur sy onderneming wetenskaplik en met moderne tegnologie te benader,” het Myburgh gesê. Bruwer boer met mielies, koring, ander gewasse en wild, asook met beeste. Hy het sy boerdery in ses jaar heelwat uitgebrei en toenemend meer grond bewerk. Een van sy geheime is om hawer tussen sy grondboontjies te plant om die grondboontjies teen windskade te beskerm.
Klik hier om meer te lees.