Professor Leopoldt van Huyssteen, as hoof van die “Acedamy for Enviromental Leadership” is betrokke by jeugleierskap ontwikkeling. Vyftig graad 12 leerlinge in leierskapposisies van oor die hele Noordkaap word jaarliks, na voltooiing van die finale eksamen, byeen gebring vir ‘n week.
Die doel van die konferensie is om ‘n forum te skep waar jong leiers van die Noordkaap erkenning kry vir hulle betrokkenheid as leiers maar ook om hulle voor te berei op die volwasse wêreld wat wag.
Die koste van vervoer en verblyf is egter sodanig dat, indien nie geborg nie, leerlinge ontneem word van ‘n geleentheid om deel te wees van ‘n leierskap verrykings ondervinding. KLK het die bedrag van R180 k goedgekeur om die projek te ondersteun.