Frikkie Maré, Farmbiz se ekonomie, finansiële en plaasbestuur redakteur, het sy markoorsig-verslag vir Oktober uitgereik vir verskeie landboubedrywe.
Die rand was taamlik onstabiel teenoor die dollar tydens Oktober, maar het effens sterker teen die euro gehandel. Albei verbruiker- en produsent-prysinflasie het stabiel gebly tydens September.
Die prys van lam- en beesvleis het sywaards gehandel in Oktober en dié van voerlammers en kalwe het ook stabiel gebly. Wol en sybokhaar het baie sterker gehandel. Daar is goeie nuus vir melkboere: Die melkprys het ‘n effense verbetering getoon in Oktober.
Klik hier om die markoorsig grafieke te bestudeer.