Ongeveer 36 mense en ten minste 25 beeste is met miltsiekte in die suide van Zimbabwe besmet.
Volgens die Mail & Guardian se webwerf, het miltsiekte in die suide van Zimbabwe uitgebreek en boere in die Umzingwane-distrik is aangeraai om hul beeste in te ent.
Sowat 36 mense is met die siekte besmet en Outbreaknewstoday.com beweer dat geen sterftes van mense aangemeld is nie. Daar word ook beweer dat ten minste 25 beeste al gevrek het. Alle beweging van beeste in die omgewing is verbied.
Miltsiekte kan gekry word deur besmette vleis te eet, in kontak te kom met besmette diere en die inaseming van swamspore. Die meeste van die gevalle is in een dorpie aangetref.
‘n Plaaslike stamhoof het ’n beroep op die Zimbabwiese regering gedoen om die entstof vir die besmette diere te verskaf.
Lees die Landbou.com berig hier.