Vir die eerste keer in dekades, gaan Suid-Afrika ‘n tekort aan wit mielies hê en dit sal ook bepaal hoeveel geel mieliemeel op die rakke in winkels sal verskyn. Die feit dat amper net die helfte van die land se standaard mielies suksesvol geplant was a.g.v. die droogte, sal ‘n hewige tekort aan voedselprodukte veroorsaak in verskeie landbou-sektore.
Die Nasionale Oesskattingskomitee sal in die komende week, op 27 Januarie die eerste oppervlakteskatting vir somergewasse maak.
Normale mielie-aanplantings is verhoed en vertraag in baie dele van die land. El Niño het ‘n sterk invloed steeds op gewasse en die droogte is nog lank nie verby nie, altans, die gevolge wat daarmee saamgaan sal steeds opmerkbaar wees, maande na die somer verby is.
Daar word gesê dat daar ‘n onsekerheid heers onder hoeveel wit mielies geplant is, wat wissel tussen 700 000 ha en 1 miljoen hektaar. Feit bly staan, daar is te min wit mielies beskikbaar en die prys sal weer styg.
Lees verder op Landbouweeklblad.