‘n Baie moeilike winter staar Noord-Kaapse boere in die gesig. Die droogte, asook ‘n tekort aan weiding en geld, gaan dit ‘n uitdagende seisoen maak. Henning Myburgh, hoofbestuurder van Agri-Noord-Kaap, sê hoewel die onlangse reën verligting in groot dele gebring het, is daar steeds rampgebiede in die Noord-Kaap waar die “diere niks het om aan te kou nie, wat nog te sê iets hê om aan te vreet”.
“Toestande in hierdie gebiede is skrikwekkend,” sê Myburgh. Die suidelike Noord-Kaapse Karoo rondom Britstown en Strydenburg is erg deur die droogte geraak. Daar het min reën geval en in dele is daar niks weiding nie. Boere moet hul vee heeltyds voer. Dit is hierdie boere wat ons moet bystaan deur voer te verskaf. Agri SA se Droogtehulpfonds is steeds ’n redding vir boere wat nie meer voer kan koop nie. Ons vra dat mense wat wil help geld aan dié fonds skenk.”
Klik op onderstaande skakel om meer te lees.