‘n Vragmotor, swaar gelaai met voerbale, het Dinsdag uit Knysna vertrek om hulp te bied aan ‘n boer wat erg geaffekteer word deur die droogte.
Wouter Snyman, ‘n boer van die plaas, Watermeyer, buite Olifantshoek, het oë vol trane gehad toe ‘n vragmotor, gelaai met kuilvoer-bale hom verras het om verligting te bied, nadat van sy vee begin vrek het, as gevolg van die droogte.
Dit was maar een van die skenkings wat gedoen is oor die Facebook-groep, Boere in Nood. Alle skenkings word vrywillig gedoen.
Die stigter van die Facebook-groep is mnr. N.C. Schoombee, ‘n sakeman van Bethlehem. Hy was onlangs op ‘n plaas waar hy eerstehands gesien het hoe diere begin vrek op plase, as gevolg van die droogte wat boere op hul knieë het.
Van die ander skenkings wat ook al gedoen is, sluit in R17 000 se kontant-skenkings en 6 000 voer-bale.
Lees die volle artikel hier.