Boere in die munisipale distrik Emthanjeni, wat De Aar, Hanover en Britstown insluit, is raadop oor belasting wat volgens hulle met 455% in sewe jaar gestyg het. Om alles te kroon, ontken die munisipaliteit dat boere ’n dispuut verklaar het, selfs nadat die nasionale tesourie ’n arbiter gestuur het om die geskil te bemiddel. Die boere staan nou gereed om kwytskelding van munisipale belasting te vra nadat die Noord-Kaap as droogterampgebied verklaar is.
Gerrit Raath, woordvoerder van Agri Emthanjeni, sê hulle is raadop, want al hul pogings om ’n oplossing te verkry, het misluk. Volgens hom wil die munisipale bestuurder nie na hul besware luister of oor enigiets toegee nie. Ons wil belasting betaal, maar dit moet billik en regverdig wees. Ons belasting is tot ses keer hoër as sommige naburige dorpe s’n. Ons het aanvanklik ook geen rabatte ontvang nie. Die nasionale tesourie het in Augustus 2015 ’n onafhanklike arbiter gestuur om die dispuut te bemiddel.
Klik hier om meer te lees.