Grootskaalse sonkragopwekking is besig om ‘n indruk te maak wêreldwyd, en meer en meer lande begin in dié idee te belê, omdat dit na ‘n beter alternatief begin lyk vir goeie energie-opwekking.
Reeds in Amerika kan ons leer by die Ivanpah-sonkragaanleg in die Mojave-woestyn, in Kalifornië, dit is tans die grootste sonkrag-aangedrewe termiese gerief ter wêreld en bied ‘n kapasiteit van 392 megawatt (MW). Dit is genoeg om ‘n totaal van 140 000 huise te voorsien van krag.
Die Noord-Kaap spog met die sonkragprojekte by De Aar en Kimberley op die plaas genaamd Droogfontein. Hierdie projekte het reeds uitmuntende sukses behaal en bewys wat sonkrag kan doen as dit herwin word vir opwekking. Dié projek is onder een van die grootste en eerste in die land en kan sowat 85 458 MW per jaar opwek, wat voorsiening maak vir 19 000 huise se energiebehoeftes.
Lees meer op Netwerk24.