Dokter Peter Oberem, direkteur van die dieregesondheidsmaatskappy, Afrivet, en voorsitter van Wildbedryf SA, waarsku dat boere op hul hoede moet wees vir plantvergiftiging tydens die droogte.
Oberem sê dat hoewel wild ‘n ingebore kennis het van wat om nie te eet nie, is dit moontlik dat diere aan enige groen plante sal eet, aangesien hulle desperaat is. Hy lig spesifiek Dipetalonema cymosum (gifblaar) en Lantana camara uit as voorbeelde.
“Wees ook versigtig vir bolplante soos Morea spp. (tulp en slangkop) en ook Cotyledon spp. (gousiekte en plakkies),” verduidelik Oberem. “Dit is veral jong diere wat desperaat is vir groenigheid wat uit onkunde aan hierdie plante gaan eet en vrek.”
Oberem stel voor dat indien boere hierdie soort plante op hul grond het, hulle dit moet verwyder of moet laat toespan om vrektes te voorkom.
Hy verduidelik dat boere wat hul wild aanhou vir jag-doeleindes, veral op hul hoede moet, wees.
Lees die Landbou.com artikel hier.