Meneer Jack Human, ‘n Heidelbergse bewaringsboer is op Dinsdag, 8 Desember, in ‘n ongeluk op sy plaas oorlede.
Human was een van die land se toonaangewende boere in bewaringsboerdery. Hy het diep spore in bewaringsboerdery getrap, veral tydens die eerste konferensie van Bewaringslandbou Wes-Kaap (BLWK).
Hy het aangehou om die korrekte werktuie en praktyke te vind in dié sektor en om ander boere se twyfel te oorkom.
In 1980 het Human se broer na die plaas getrek en hulle het verskeie bewaringstelsels in plek begin stel. ‘n Jaar later met die Laignsburg-vloedramp het Jack by Australiese boere gaan kers opsteek.
Hy het mense soos Dr. Johann Strauss, van die direktoraat plantwetenskap by die Wes-Kaapse departement van landbou, geïnspireer met volhoubare graanproduksie. “Hy is ’n ikoon vir bewaringsboere in die Wes-Kaap. Sy visie oor bewaring van die natuurlike hulpbron waarop hy en sy familie by Heidelberg boer, was die begin van die sukses wat produsente nou hier geniet,” vertel Strauss.
Human word herleef deur sy vrou, Chrystal, sy drie kinders en stiefkinders.
Lees die Landbou.com berig hier.