Hierdie projek, wat reeds ‘n aanvang geneem het, behels dat Raisins SA ‘n stuk grond van 30ha by Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas huur, waar wingerde aangeplant en navorsingsprojekte en praktiese opleiding in wingerdkunde gedoen word. KLK het hierdie projek ondersteun deur pale, draad en meer te skenk vir die hervestiging van wingerde ter waarde van 115 k.
