Die vaardighede van Suid-Afrikaanse boere is belangrik vir die kontinent, sê die uitvoerende hoof van Shamba Kraft in Kenia.
Meneer Moses Nyabila, uitvoerende hoof van Shamba Kraft in Kenia, het op Agri Expo se Livestock-skou in Sandringham gesê dat Suid-Afrikaanse kommersiële boere ‘n belangrike rol in die kontinent se landbou-sektor speel.
Daar word verwag dat Afrika teen 2050 slegs in 13% van haar eie voedselbehoefte sal kan voorsien, en dat miljarde dollars se voedsel ingevoer sal moet word. Ongeveer 60% van alle landbougrond wat nog bewerk kan word, is in Afrika. “Die Afrika-voedselmark sal teen 2050 $1 duisend miljard groot wees. Daarom gaan nuwe beleggings en landbounywerhede opskiet in Afrika,” verduidelik Nyabila.
Hy glo dat die land groot voordeel uit Afrika se landbou-ontwikkeling kan trek, weens sy goeie bankstelsels, kommersiële boere en goeie gestruktureerde landbousakenetwerk.
Meneer Dirk Hanekom, uitvoerende hoof van Agri All Africa, verduidelik dat die ekonomiese gaping tussen Suid-Afrika en Afrika vinning besig is om kleiner te word. Hy sê ook dat Afrika ryk is in hulpbronne, maar net aan ‘n tekort van vaardighede het.
“Dit is waar Suid-Afrika inkom – ons kan vaardighede bied. Suid-Afrikaners het bewys dat hulle sakegeleenthede in Afrika kan identifiseer en ontwikkel. Wees versigtig, maar as dit reg benader word, kan winste tot sesvoudig wees,” het Hanekom gesê.
Lees die Landbou.com artikel hier.