In ’n jaar waarin die mielies groen en geil op Suid-Afrikaanse landerye staan, word mielieboere deur ’n nuwe bedreiging in die gesig gestaar. Die herfs-kommandowurm, ’n indring wat mielieoeste in verskeie distrikte in Malawi, Zambië en Zimbabwe vernietig het, is nou ook in Suid-Afrika opgemerk.
Dr. Gerhard Verdoorn, plaagbestrydingspesialis en direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum, sê dié wurm, wat familie is van die Afrika-kommandowurm, is reeds in Limpopo, die Gautengse Hoëveld, die Vrystaat en selfs op Piketberg in die Wes-Kaap opgemerk.
“Dis nou nie meer onbevestigde berigte dat die plaag hier is nie, hy het beslis ons grense oorgesteek en versprei vinnig.” Wat die herfs-kommandowurms so skadelik maak, is dat piretroïed, die gewone plaagdoder wat gewoonlik vir stamruspes toegedien word, geen uitwerking op dié wurms het nie. Verdoorn en ander rolspelers beraadslaag Woensdag met die departement van landbou oor die middels wat aanbeveel kan word om die plaag te bestry.
Klik hier om meer te lees.