Noord-Kaap areas, Upington en die Kalahari het in Januarie reën gekry en hoop om dalk weer in Maart gelukkig genoeg te wees vir opvolgreën. Veeboere van die Kalahari het tonne aartappels ontvang van Simba op Lambertsbaai, wat 100 ton Sandveldse aartappels geskenk het aan boere. Die boere bevind hulself op Upington en die omliggende omgewing. KLK landboumaatskappy het die vervoer geborg wat die aartappels aangery het.
Me. Melanie Theron van die Oranjerivier Landbou-unie, verduidelik aan Landbouweekblad dat die aartappels baie voedsaam is vir die melkproduksie by beeste veral. Sy glo vas dat as daar nog voer geskenk word, sal hul self ook kan versprei na areas in nood. Aartappels is geskenk aan lede op Upington en Noenieput.
Lees meer op Landbouweekblad.