Lede van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) kan nou katastrofedekking teen ongeveer 10% van die normale tarief, vir hul skape kry.
Dié deurbraak kom nadat die NWKV ‘n nuwe produk met die versekeringsmaatskappy, Hollard, bewerkstellig het. Die nuwe produk sal boere help wat veranderende weerpatrone moet trotseer.
Hoofbestuurder van die NWKV, mnr. Leon de Beer, verduidelik dat dié tariewe spesifiek vir NWKV-lede beding is, terwyl dieselfde produk aan nie-lede beskikbaar sal wees, maar teen ‘n hoër tarief.
“Ons onderhandel die afgelope ses maande met Hollard nadat dié projek die groen lig op ons afgelope nasionale kongres in Port Elizabeth gekry het,” verduidelik hy.
“Ons is opgewonde dat sulke katastrofedekking teen werklik bekostigbare tariewe beskikbaar gestel word om ons lede ten tye van rampe teen algehele verlies te beskerm.”
Lees die Landbou.com artikel hier.