Die Noord-Kaap is steeds in nood na ’n teleurstellende reënseisoen en die uitbreek van Covid-19. Die South African Water Warriors bied hulp gedurende hierdie moeilike tye deur die verspreiding van droogtehulp.
SA Water Warriors is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat boere, plaaswerkers en hul gesinne tydens die voortslepende droogte ondersteun deur middel van skenkings invorder en versprei. Met die huidige Covid-19 pandemie is dit noodsaaklik vir die SA Water Warriors om steeds voort te gaan met die verspreiding van droogtehulp. SA Water Warriors het al talle gebiede, soos Springbok, Kliprand, Oudtshoorn, Prins Albert en Kenhardt, besoek om droogtehulp te versprei. Daar is 6 lede regoor Suid-Afrika wat skenkings bymekaar maak en versprei.
Volgens Pieter du Plessis van SA Water Warriors het die aankondiging van die inperking reëlings vir ’n uitreik tydelik tot stop gesit, maar met die regte permitte is die organisasie weer reg om voort te gaan met uitreikings en die verspreiding van droogtehulp.
“Tydens die inperking het die boere nog geen droogtehulp ontvang nie, tog is die voortslepende droogte se impak onmisbaar en boere moet aanhou om hul vee te voer, terwyl daar geen weidig beskikbaar is nie”
SA Water Warriors verwelkom enige skenkings, wat versprei sal word aan boere, plaaswerkers en hul gesinne in die omgewing van Van Wyksvlei en Brandvlei, waar reën deur die grond opgesuig is soos ’n spons na die reënval.
“Nie-bederfbare kos, water, troeteldierkos en veevoer word dringend benodig om die uitreik moontlik te maak. Altesame 245 gesinne sal verligting ontvang. Finansiële skenkings is ook dringend nodig. Dit sal gebruik word om die skenkings te voer.”
Volgens Du Plessis is alle skenkings welkom, klein of groot, “Saam kan almal help om ons boere te dra deur die ongelooflik moeilike droogte, wat reeds lewens geneem, werkloosheid veroorsaak en boere diep in die skuld gedompel het.”
Hierdie artikel is gewerf van Landbou.com