Vooruitsigte van ‘n nuwe sprinkaanplaag hang soos ‘n donkerwolk oor dele van die Noord-Kaap. Dit volg na die onlangse goeie reën wat groot dele van Suid-Afrika ontvang het oor die laaste ruk.
Die departement van landbou het bevestig dat hulle nuwe uitbrake probeer verhoed in dele van die Noord-Kaap onder andere in Upington en Griekwastad. Locustana pardalina of “bruin sprinkane” in ‘n inheemse Suid-Afrikaanse spesie wat minder verwoesting saai as spesies soos die woestyn sprinkaan.
Volgens deskundiges is laat die huidige stand van sake nie toe dat die uitbraak geklassisfiseer kan word as n plaag nie, al is dit die grootste van sy soort in ‘n dekade. Daar is nog nie ernstige skade berokken nie, maar boere moet waaksaam wees teen die skade wat die pes kan in hou veral na die droogtes van die afgelope paar jaar.
Indien jy meer wil uitvind, klik hier.