Die departement van water en sanitasie se nuwe prysstrategie sal die watertariewe laat styg met minstens 65%, maar dit is wel oop vir bespreking. A.g.v die ekonomiese impakstudie wys die beleid dat waterverbruikers die impak grootskaals gaan voel.
Watertariewe oor die algemeen verskil baie groot in verskillende gebiede in die land en dié beleid is daar om die wanbalans reg te stel. Die staatskas word onder druk geplaas deur die aanvraag vir bekostigbare water en daar moet tog ook voorsiening gemaak word vir die afgeleë gebiede, waar vrouens, kinders en armes juis dit die ergste ervaar.
Volgens Netwerk24, is die impak net so groot op boere, waar hul hoër pryse sal betaal wat besproeiing betref en daar sal tariefperke betrokke wees, wat dalk die prys tot 3 keer meer kan laat styg.
Lees meer op Netwerk24.