Suid-Afrika en Spanje het onlangs hande gevat om die sitrusbedryf te verbeter. Die twee lande het die Wêreld-sitrusorganisasie (WSO) gestig om ‘n platform te skep waar belangrike gesprekke kan plaasvind, vrae beantwoord kan word, innovering te bevorder en die sitrusgebruik wêreldwyd te verhoog. Die doelwit van die organisasie is om vir plaaslike boere die geleentheid te gee om in te breek in die internasionale bedryf.
Die WSO sal in Februarie 2020, hul eerste amptelike vergadering hou, en wil moontlike strategieë bespreek en administratiewe kwessies uit klaar.
Sitrus in die wêreldbedryf.
Die Suid-Afrikaanse bedryf, wat in die Wes-Kaap, asook Noord-Kaap streek gebaseer is het die afgelope seisoen goed gevaar met ongeveer 300 produksie-eenhede wat uitgevoer word na die Amerikaanse mark.
Alhoewel die Kaap goeie reën gehad het tydens die wintermaande en die opgaardamme baie water gestoor het, is daar kommer oor die reënval in die Olifantsriviervallei, waar die grootste sitrusgewasse verbou word.
Die afgelope 30 jaar het die sitrusuitvoer met 139% gegroei, maar sitrus se aandeel in die vrugte-uitvoer het gekrimp van 30% na 18,5% in die afgelope jaar.
Daar is hoop dat ander lande wêreldwyd, insluitend Turkye, Egipte, Uruguay en Brasilië, teen eerskomende jaar by die WSO sal aansluit. Die sitrusbedryf ervaar meer en meer oorvleueling tussen seisoene,enorme groei in produksie en produksie-omstandighede wat wisselende gehalte meebring. Daar is ook toenemende medediging in die verskeie kategorieë binne en buite die bedryf, maar die vrugtebedryf staan egter stil.
Die WSO sal as bemiddelaar optree tussen die lidlande om hierdie probleme op te los en geleenthede te identifiseer wat tot voordeel sal wees vir die sitrusbedryf as geheel.
Lees gerus meer op Netwerk24.com