Die droogte-rampfonds, gestig deur Senwes en Agri SA, staan tans op ongeveer R1,8 miljoen. Hierdie figuur is ‘n duidelike aanwyser van hoe Suid-Afrikaners na mekaar omsien tydens tye van nood.
Meeste van geld is deur gewone Suid-Afrikaners geskenk, wat hul bydrae deur middel van duisende sms-boodskappe gemaak het. Hierdie ongelooflike teken van menslikheid behoort as vuurkrag te dien in die geveg teen die droogte.
Talle ander vervoermaatskappye het ook by die geveg aangesluit deur aan te dui dat hulle gewillig is om veevoer te vervoer aan die persone wie dit die nodigste het.
“Ek wil die maatskappye wat ’n groot bydrae gelewer het bedank, maar veral ook die gewone man in die straat wat duisende rand via kleiner skenkings bygedra het,” sê Senwes-groep se hoofbestuursbeampte, mnr. Francois Strydom.
Montsanto het verder ook hulle plan aangekondig om groot getalle saad oor te merk aan nuwe boere wat ly onder die gevolge van die droogte.
Die skenkings van regoor Suid-Afrika wys dat empatie nog lank nie in ons land dood is nie.
Lees Landbou.com se volle artikel hier.