Die nat en koeler toestande wat die afgelope paar weke oor dele van Suid-Afrika voorkom, was tot voordeel van die baie laat aanplantings oor veral die westelike dele van die land, terwyl dit die groeiprosesse van gewasse in ander gebiede belemmer.
Weermodelle dui aan dat erge ryp na verwagting nie binne die volgende twee weke oor die binneland gaan voorkom nie.
Toestande die Noord-Kaap
Gemiddelde opbrengste word oor die algemeen in die somersaaigebiede van die Noord-Kaap verwag, met goeie, wydverspreide reën wat oor dié gebiede voorgekom het en mielies en sojabone wat mooi vertoon.
Lees die volledige artikel op Landbou.com